Ge'ez ግዕዝ Gəʿəz | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈɡɨʕɨz] | |
Gepraat in: | Ethiopië Eritrea Israel | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Suid-Semities Ethiopies-Semities Noord-Ethiopies-Semities Ge'ez | |
Skrifstelsel: | Ge'ez-skrif abugida | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | gez
| |
ISO 639-3: | gez
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ge'ez (ግዕዝ, transliterasie: Gəʿəz, [ˈɡɨʕɨz], ), ook soms minder korrek Ethiopies genoem, is ’n antieke Suid-Semitiese taal met sy oorsprong in Suid-Arabië (hedendaagse Jemen). Dit is verder ontwikkel in die noordelike deel van Ethiopië en Suid-Eritrea in die Horing van Afrika.
Ge'ez was die amptelike taal van beide die Koninkryk Aksum en die Keiserryk van Ethiopië. Dit word vandag nog net as 'n liturgiese taal in die Ethiopiese en die Eritrese Ortodokse Kerk asook deur die Beta Israel gebruik.